Die POF adverteer dat eisers direk by hulle eise moet indien – sonder die dienste van ‘n ervare prokureur. Hulle belowe dat dit makliker en vinniger is en dat dit die eiser minder sal kos en dus tot ‘n besparing sal lei. Ongelukkig ervaar baie eisers dit nie so nie en beleef hulle baie frustrasie en teleurstelling met die RAF se proses.
Die realiteit is dat duisende eise geignoreer word en ophoop totdat hulle ‘verjaar’ (verval) en dan het hulle GEEN eis meer nie. Ander weer ontvang veel minder geld as wat wetlik hulle toekom. APRAV ontvang elke week oproepe van eisers wat verkeerdelik afgekeur word, te min ontvang het of net geignoreer word.
APRAV kan jou van goeie raad bedien. Indien jy ondersteuning benodig, stuur vir ons die volgende inligting:
- Jou volle name en van
- Identiteitsnommer
- Selfoonnommer
- Datum van ongeluk
- Kort beskrywing van beserings opgedoen
APRAV beveel aan dat jy gebruik maak van die dienste van ‘n ervare prokureur.
‘n Prokureur sal jou help om ‘n volledige eis voor te berei sodat jy die verlies and vergoeding kan ontvang wat jou wetlik toekom. Die prokureur sal:
- bepaal of jy ‘n geldige eis het om in te dien;
- jou ondersteun deur al die stappe van die ingewikkelde proses;
- die nodige ingligting van die SAPD die hospitaal verkry;
- sorg dat die nodige mediese verslae bekom word; en
- namens jou met die POF onderhandel – ook indien die saak in die hof besleg moet word.
Is jy bekommerd oor die regskoste? Daar is ‘n oplossing! Prokureurs werk op ‘n basis van ‘geen sukses, geen fooi’. Geen deposito word benodig nie!
APRAV sal seker maak dat jy die ondersteuning kry wat jy benodig. Jy kan ons op die volgende maniere kontak:
- Stuur ‘n ‘call me back’ na 063 393 3719
of
- Stuur ‘n WhatsApp boodskap na 063 393 3719
of
Een van ons spanlede sal jou binne ‘n paar dae kontak.