Het jy reeds deur ‘n prokureur ‘n eis ingedien by die Padongelukkefonds (POF), maar daar is nie vordering en jy kry geen terugvoer nie? Of jy voel dat jou eis te laag geskik en uitbetaal is teenoor wat jou wetlik toekom?

Prokureurs is volgens die verskillende Prokureursordes verbind om die volgende te doen:

  • Jou na die beste van hulle vermoë te verteenwoordig.
  • Jou POF eis deur die komplekse proses te bestuur.
  • Deeglik ondersoek instel om jou eis volledig voor te berei.
  • Jou te verwys vir relevante mediese evaluerings, sodat die langtermyn impak van jou beserings op jou werkvermoë bepaal kan word.
  • Binne die gegewe tydraamwerk, seker te maak dat jy die beste moontlike eis indien en kry.

Indien ‘n prokureur nie aan die vereistes voldoen en jy ontevrede is, kan jy:

  • Die saak by die Law Society of South Africa aanmeld om ondersoek te word, wat tot moontlike dissiplinering kan lei indien die prokureur skuldig bevind word – https://www.lssa.org.za/public/complaining-about-a–lega–practitioner
  • ‘n Siviele saak instel vir die volle omvang van verliese wat gely is as gevolg van ‘n prokureur se nalatigheid. Prokureurs het versekering teen hierdie aanspreeklikheid.

 

APRAV kan jou van goeie raad bedien. Indien jy ondersteuning benodig, stuur vir ons die volgende inligting:

  1. Jou volle name en van
  2. Identiteitsnommer
  3. Selfoonnommer
  4. Datum van ongeluk
  5. Kort beskrywing van beserings opgedoen

Is jy bekommerd oor die onkoste van regsfooie? Daar is ‘n oplossing! Die saak kan hanteer word op ‘n basis van ‘geen sukses, geen fooi’. Geen deposito word benodig nie.

APRAV sal seker maak dat jy die ondersteuning kry wat jy benodig. Jy kan ons op die volgende maniere kontak:

  • Stuur ‘n ‘call me back’ na 063 393 3719

of

  • Stuur ‘n WhatsApp boodskap na 063 393 3719

of

Een van ons spanlede sal jou binne ‘n paar dae kontak.